MOSSELBAAI NUUS - Vandalisme kan ten beste beskryf word as 'n seker manier waarop die gemeenskap van noodsaaklike bates beroof word.
Die ablusiegeriewe by die Wolwedans-begraafplaas is tot so 'n mate geplunder, dat dit onhelstelbaar beskadig is.
Inwoners word gevolglik toegang tot die ablusiegeriewe ontneem deur vandale wat deur hulle handeling, duidelik geen respek toon vir eiendom wat tot die voordeel van die gemeenskap opgerig is nie.
Mosselbaai-munisipaliteit het by herhaling die geriewe teen groot koste opgeknap telkens wanneer dit onder vandale deurgeloop het. Die mees onlangse skade, waar selfs die deurkosyne uit die mure gebreek en verdere skade aangerig is, maak dit nie haalbaar om verdere herstelwerk koste-effektief te doen nie.
Vandale het ook herhaaldelik alle beveiligingsmaatreëls soos diefwering en slotte gebreek om toegang tot die ablusiegeriewe – veral na-ure – te bekom. Daarbenewens word toenemend gevind dat die deksels van toeganDie ablusiegeriewe by die Wolwedans-begraafplaas is so gevandaliseer dat volgehoue herstelwerk daaraan, nie meer haalbaar is nie.gsgate (mangate) van die stormwaterstelsels óf gesteel, óf beskadig word.
Wanneer dit beskadig word, beland die gebreekte deksels dikwels in die stormwaterstelsels en lei dit tot verstopping en verdere skade en ongerief vir die gemeenskap.
Die ablusiegeriewe by die Wolwedans-begraafplaas is so gevandaliseer dat volgehoue herstelwerk daaraan, nie meer haalbaar is nie.
Inwoners word daaraan herinner dat die raad reeds in 2015 'n mosie aanvaar het dat voorvalle van moedswillige vandalisme nie sonder meer herstel sal word nie.
Die Mosselbaai-munisipaliteit doen daarom 'n beroep op die gemeenskap om seker te maak dat vandalisme voorkom of tot die minimum beperk word. Fondse wat aan herstelwerk bestee word, is fondse wat met heelwat groter voordeel vir die gemeenskap aan opgraderings bestee sou kon word.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'