Die gewas is intussen geïdentifiseer as 'n ependimoom. Dit word beskou as 'n lae risiko kankergewas. 30% van breingewasse in kinders onder drie-jarige ouderdom is gewoonlik ependimoom.
Ependimoom word gewoonlik met behulp van chirurgie en radioterapie behandel. Volgens Heinrich se laaste skandering, is die gewas in totaliteit verwyder. Heinrich se behandelingsplan is Woensdag in Grootte Schuur-hospitaal gefinaliseer en volgens sy ma, Lize, kom sy en Heinrich na alle waarskynlikheid vandag huis toe.
Sodra sy wond herstel het, sal hy oor ongeveer 'n maand en 'n half met daaglikse radioterapiesessies in George vir ses weke lank voortgaan.

Heinrich van Straaten kom waarskynlik vandag terug Mosselbaai toe nadat sy breingewas suksesvol verwyder is. Hy kry eersdaags radioterapie in George.