MOSSELBAAI NUUS - Om die skitterende oë van kinders te sien gedurende die Kerstyd, is vir baie mense 'n onmisbare deel van die Kersfeesgevoel. Verlede Saterdag, het Solidariteit Helpende Hand seker gemaak dat 'n klomp Mosselbaaise kinders 'n Kersfees duisend beleef.
Sewentig kinders het die Kerspartytjie by Mooiste Jy, 'n venue in Marsh Straat bygewoon.
"Ons sê baie dankie vir ons gemeenskap se oop hand. Sonder julle hulp kon ons nie hierdie kinders se Kerswense waar maak nie," berig Marlise Labuscagne, voorsitter van Solidariteit Helpende Hand, Mosselbaai.
"Ons fokus is op die kinders in 'n mate behoeftig is as gevolg van verskillende omstandighede, veral as hierdie omstandighede hulle verhoed om 'n Kersfeesviering saam met familie en vriende te kan hou nie. Ons reik uit na kinders wat nie 'n Kerswens kan verwag nie, hoe klein ook al."
Wat is nou lekkerder as om 'n pop vir Kersfees te ontvang.
'n Fiets bring kennelik groot vreugde.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'