GROOT BRAKRIVIER NUUS - Die polisie op Groot-Brakrivier doen 'n beroep op applikante wat in afwagting is van lank uitstaande vuurwapenlisensies en bevoegdheidskaarte om navraag te doen by polisiestasie en sodoende hul kaarte af te haal.
Aansoekers word ook gevra om seker te maak dat indien besonderhede verander het soos aansoekers se adres, kontaknommer en e-posadres, dit reggestel word.
Vuurwapens van afgestorwenes
Elke polisiestasie beskik oor lyste van persone wie afgesterwe het maar wie se vuurwapens nog reflekteer op die oorledenes se name. Die vuurwapen van 'n oorledene mag slegs in u besit wees as u oor 'n geldige bergingspermit beskik.
Om korrek te handel met die proses van dié vuurwapens moet die volgende gebeur:
Die vuurwapen aan die eksekuteur van die boedel te oorhandig, 'n bergingspermit te bekom vir die stoor van die vuurwapen of die vuurwapen by die polisiestasie in te handig vir vernietiging.
Vir meer besonderhede kontak, sers Chantel Marais (044 620 8307).
'Ons bring jou die nuutste Groot Brakrivier, Tuinroete nuus'