MOSSELBAAI NUUS - Die eerste van twee sessies met die onderwerpe streeksoutonomie en ekonomiese selfstandigheid vir die Suid-Kaap, word tans in die Diaz Hotel aangebied.
Hoof van Solidariteit Flip Buys, kundige in outonomie, publieke reg-kenner, prof Koos Malan, Morné Mostert, hoof van sake wat verband hou met plaaslike regeringsake by AfriForum en gesoute joernalis, Heindrich Wyngaard, hoof van Kaapse Forum is tans deel van ‘n paneelbespreking.
Plaaslike prokureur, Danie Acker is die programleier.
Deelnemers aan die gesprek oor ekonomiese selfstandigheid later vanmiddag, is raaadsheer Dirk Kotzé, uitvoerende burgemeester van Mosselbaai en drs Theo De Jager en Willie Cilliers.
'Ons bring jou die nuuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'