MOSSELBAAI NUUS - Die ACVV Kenani wens die gemeenskap van Mosselbaai en omgewing 'n baie geseënde 2023 toe.
Het jy oorbodige items in en om jou huis waarvan jy ontslae wil raak om plek te maak vir nuwe items?
Daardie items, witolifante, kan aan die ACVV Kenani-dienssentrum geskenk word.
Indien jy kan help met enige van hierdie items, skakel 044 690 3204 gedurende weeksdae tussen 08:00 en 15:00. "Baie dankie vir u getroue ondersteuning deur die jare."
Kenani se Snuffelgids (witolifante) sal op Maandag, 6 Februarie vanaf 09:00 tot 11:00 oop wees vir die publiek. "Sien julle daar."
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'