MOSSELBAAI NUUS - Laerskool Vorentoe se graad 6- en 7-leerders het onlangs die SOS "School in the Wilds" by Villiersdorp bygewoon.
Die onderwysers wat saam met die 65 kinders die kamp bygewoon het, Doné Gerber, Rosa Duvenhage en Wardiaan Hattingh glo hulle is baie bevoorreg om die groei in die kinders voor hul oë te sien gebeur.
FOTOGALERY: School in the Wilds
Duvenhage het die volgende vir die ouers in 'n brief geskryf.
"Skaterlag, giggel, pret, vreugde, breë glimlagte, kattekwaad...
"Stap, swem, klim en klouter, eet, toktokkie, middernagfees...
"Trots, omgee, respek, liefde, behulpsaamheid, troos en aanmoediging...
"Dis die woorde wat by my opkom terwyl Villiersdorp en die SOS kampterrein in die verte verdwyn.
Onderwysers en leerders het die kamp terdeë geniet.
"'n Kamp soos hierdie, sonder handboeke, toetse en klokke wat lui, bring iets in die kinders uit wat nooit op die skoolbanke erken of ontwikkel kan word nie. Vir 'n paar dae lyk die speelveld anders. Kinders kry kans om op 'n ander vlak te ontwikkel en te kompeteer.
Die outjies wat fantasties doen op die skoolbanke is nie noodwendig die wat die vêrste aan 'n tou kan swaai of die beste oorlewingsplan kan uitdink nie. Die kortste outjie in die klas kry 'n kans om op die langste ou se skouers te staan en die wenpunt vir sy span aan te teken.
"In die oggend vleg die meisies mekaar se hare terwyl die seuns op die gras stoei en wonder of iemand gaan agterkom dat hulle badsakkie nog nie gebruik is nie.
"Die knapie wat belangstel in goggas en sterre en swamme op boomstamme kry die prys vir die breedste algemene kennis en die meisie wat meeste van die tyd wonder by watter groepie sy hierdie pouse gaan sit, is ewe skielik deel van 'n wenspan met 'n naam en 'n Rooibokhoringtrofee om dit te bewys.
"Ons is so bevoorreg om as onderwysers die groei voor ons oë te kon sien plaasvind. Ons het gereeld woordeloos oor die kinders se koppe met mekaar oogkontak gemaak en later met 'n knop in die keel vir mekaar gevra: 'Het jy dit ook gesien?'
"In net vyf dae het die groep voor ons oë verander. Saadjies het ontkiem, jong boompies het gebot en bloeisels het oopgegaan.
"Julle kinders kom huis toe met stories! Lag stories, vasbyt, uithou, lekker eet en vêr-loop stories.
"Maak 'n tydjie om te luister en jy sal die verskil kan sien...
What a lovely group of children. Thank you very much for the privilege to work with them. We haven't laughed so much in a long time.
"Thank you for the time, energy, blood, sweat and tears you put into raising them so beautifully. We are excited about our country's future when we look at the young team in front of us.
"They are the generation that will make the world a better place!"
Groot pret
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’