MOSSELBAAI NUUS - Skryf in vir Mossel Bay Advertiser se braaibroodjie-kompetisie en staan die kans om groot pryse te wen en gekroon te word as Mosselbaai se braaibroodjie-koning/in. Die Advertiser daag inwoners uit om hul resepte vir die geleentheid in te skryf, want wat is dan nou lekkerder as 'n braaibroodjie?
Vanjaar wil ons inwoners se tradisionele braaibroodjie, maar met 'n verskil, proe.
Enige bestandeel wat jou braaibroodjie anders maak, maar steeds tradisioneel hou, sal beoordeelaars laat regop sit.
Geen nagereg braaibroodjies sal vanjaar beoordeel word nie.
Die finaliste sal in September teen mekaar meeding kort voor, of ná Erfenisdag en hulle eie braaibroodjies tydens 'n geleentheid oor die kole voorberei. Die presiese datum en plek sal nog bekend gestel word.
Stuur jou resep teen 28 Augustus na louise@groupeditors.co.za of mba@groupeditors.co.za
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’