MOSSELBAAI NUUS - Inwoners van Highway Park en Civic Park op Mosselbaai gaan op Vrydag, 25 Junie die buurt patrolleer.
Inwoners het die afgelope week die besluit geneem, nadat die 21-jarige Wilton Januarie op Saterdag, 19 Junie met ‘n skerp voorwerp doodgesteek is.
Die gemeenskap het kort na sy dood twee verdagtes wat hulle beweer met die voorval verbind word, aangerand.
Die mans is na die aanranding na ‘n hospitaal op Mosselbaai afgevoer en intussen vir polisie-ondervraging geneem. Dit is nog nie bekend of hulle in hegtenis geneem is nie.
Inwoners kom Vrydag om 21:45 by Civic Park kleuterskool bymekaar waarna patrollieroetes bepaal sal word. Deelnemers word gevra om sosiale afstand te hou en maskers te dra.
Vir meer inligting kontak Lynette Wesso (072 819 4990) of Louis van der Bergh (061 652 2349).
Verwante artikels:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'