Die twee polisielede het die voertuig genader, waarna die bestuurder weggery het - met 'n kattebak wat steeds oop was.
Saam met die twee polisielede aan diens, in 'n ander patrollievoertuig, was Ao Gerhard Crause en Ao Gaylord Muller, ook op die uitkyk vir verdagte persone. Huisinbrekers het die afgelope tyd geseëvier in die omgewing van Glentana na Klein-Brakrivier en polisielede van Groot-Brakrivier patrolleer bedags en snags die gebiede in 'n poging om die groeiende tendens stop te sit.
Die polisielede het met mekaar in verbinding getree en saam die voertuig van die pad afgetrek. Volgens die woordvoerder van die polisiestasie, kst Tammy Fowler, het die bestuurder by navraag aan die polisielede gesê hy is op pad na Plettenbergbaai.
"Maar sy voertuig was op pad in Mosselbaai se rigting, wat verdere suspisie geskep het."
Die lede het die kar deursoek en 'n plasma-televisie op die agterste sitplek gekry. Daar was ook 'n sak in die voertuig wat gevul was met
huisbraakimplemente.
Ao Muller en Ao Crause het die man (32), wat van die Kongo afkomstig is, gearresteer. Hy is woonagtig in Thembalethu in George en het intussen in die Mosselbaai Landdroshof verskyn op aanklag van besit van vermoedelik gesteelde eiendom en huisbraak, en diefstal, asook besit van huisbraakimplimente.
Die vermoede bestaan dat die verdagte met ander huisbrake in die omgewing ook verbind kan word.

Hierdie sak is in die verdagte se besit gevind.

Ao Gerhard Crause, Kst Adele Engelbrecht en Ao Gaylord Muller se flink optrede het gesorg dat 'n huisbraak verdagte agter tralies is. Kst Kabelo Ntopo is afwesig op die foto. Foto: Louise Karsten
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'