Richard Hartwell het die oggend van 7 Maart, om 09:30, by die Goukourivier in Stilbaai rustig gesit en visvang met 7kg lyn en 'n klipvissie as aas, toe die katrol skielik begin skree.
Hoogs opgewonde en tot sy verbasing, sien hy dis 'n Loggerhead seeskilpad. Die skilpad was 1.5m breed en het die skaal op 'n allemintige 54kg getrek.
Die plaaslike natuurbewaringsowerhede is gekontak en die skilpad is Mosselbaai toe geneem, waar die bekwame dr De Graaff sal omsien na sy rehabilitasie.
Volgens Coenie Jones van die Department van Seevisserye, is die skilpad reeds die vorige dag opgemerk waar hy in die see geswem het, maar het toe later na die rivier beweeg. Dit het gelyk of hy seergekry het, aangesien daar 'n lang sny in sy dop is.
Coenie sê hierdie is die tweede seeskilpad wat hulle in die area gered het - die vorige een het 150kg geweeg en sy dop was ook beskadig.
Volgens die Suid-Kaap Forum kom die Loggerhead (Caretta Caretta) algemeen in Stilbaai se waters voor, maar is baie menssku. Die Loggerhead verskyn op die International Union for the Conservation of Nature (IUCN) se rooidata lys vir beskermde en bedreigde spesies.

Richard Hartwell het die oggend van 7 Maart, om 09:30, by die Goukou-rivier in Stilbaai rustig gesit en visvang met 7kg lyn en 'n klipvissie as aas, toe die katrol skielik begin skree.