MOSSELBAAI NUUS - 'n Inwoner van Mosselbaai het die afgelope naweek op hierdie vroulike Nautilus op Gourits afgekom.
Danie Viljoen sê hy het gaan hengel en tydens laagwater na sinkers gesoek. Viljoen het op die skulp afgekom wat in 'n perfekte toestand was.
'"Toe ek dit optel sien ek dat die diertjie nog daarin is, maar ek het gedink dit is 'n seekatjie en dit verwyder." Dit is toe wat Viljoen besef dit is 'n Nautilus wat haar eiers in die skulp beskerm. "Sy was maklik identifiseerbaar met die webbe aan twee van haar agt pote."
Die skulp was in 'n perfekte toestand.
Die Nautilus was in die skulp.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'