MOSSELBAAI NUUS - Ongelukkige inwoners van Fransmanshoek het ‘n foto van ‘n haai wat na bewering deur hengelaars gevang is, vrygelaat is, en toe uitgespoel het, aan die Mossel Bay Advertiser gestuur.
Volgens inwoners is die haai gister, op Dinsdag, 27 Oktober deur hengelaars gevang. Die haai het laatmiddag op die rotse uitgespoel, nadat die hengelaars vertrek het.
Die Advertiser is ook in besit van beeldmateriaal waar ‘n haai by Fransmanshoek gevang word en weer tussen rotse vrygelaat word.
Navrae oor die voorval is aan die Fransmanshoek Bewarea gestuur.
In Oktober het 'n skeurtandhaai wat by Fransmanshoek deur 'n visserman gevang en vrygelaat is, maar 'n dag later uitgespoel het en dood is, inwoners van die omgewing ontstig. Die 208kg wyfie is vermoedelik op Sondag, 4 Oktober by Stilbaatjie gevang en het op Maandag, 5 Oktober uitgespoel.
'n Bekommerde inwoner van die omgewing het die Advertiser gekontak en sê haaivangers is gereeld in die omgewing. "Hoewel geen wet oortree is nie, is daar tog 'n etiese kode en as jou etiek so is dat jy aan sulke praktyke deelneem en 'n haai die volgende dag uitspoel en sterf, dink ek nie dit is reg nie."
Verwante artikel: Dooie haai ontstel inwoners
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'