MOSSELBAAI NUUSFLITS - Diasstrand was vanmiddag kortliks gesluit nadat branderplankryers verbonde aan The Surfer Kids (onder leiding van Andries Matthysen) 'n haai in die see baie naby aan die strand opgemerk het.
Lewensredders op Diasstrand het die haaivlag gehys en almal wat in die see was gou weer op die strand gekry.
Die lewensredders het die situasie gemonitor.
Die strand is intussen weer veilig verklaar en vir swem oopgestel.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'