Die optrede van Curro skool se Can Can dames en die Marimba orkes het almal in vervoerring gehad.
Die Danabaai Koor onder leiding van me Etta de Villiers het sang uit die boonste rakke gelewer. Giovannie Divito, 'n plaaslike sanger en gasheer, het almal se harte gesteel met sy sang.
Selfs die manne het hom bygestaan en 'n paar Elvis liedjies en gepaste ritmiese bewegings op die verhoog gedoen.
Dankie ook aan die manne, dit was onbeplan maar baie suksesvol.
Dankie ook aan Luzette vir haar bydrae om die tafels vir die gaste vrolik te maak. 'n Hartlike dankie ook aan almal wat gehelp het met die opdien van die etes.
Onthou die Erfenisdag byeenkoms op 24 September.
Die Danabaai Dienssentrum beplan 'n lekker Erfinisdagprogram met sang en musiek.
Maak gerus nou reeds 'n dagboek aantekening en kom geniet die dag saam met die Danabaai Dienssentrum se lede en vriende. Die optredes sal alles deur plaaslike talent wees.

Die Danabaai Koor onder leiding van me Etta de Villiers het met hul sang bekoor.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'