Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Twee Groen Seeskilpaaie is vanoggend op die swemstrand by Hartenbos vrygelaat.
Die grootste een van die twee, “Vlesie” is in Oktober by Vleesbaai deur 'n lid van die publiek op die strand gevind.
Die rede vir die stranding was plastiese produkte in die maag wat veroorsaak dat die skilpaaie dryf en nie normaal kan eet nie.
Na 'n maand se rehabilitasie by Dr Frans De Graaff is Vlesie na Bayworld in Port Elizabeth geneem om 100% aan te sterk.
Die geslag is op die onvolwasse stadium nog onbekend. Vlesie is sowat vyf jaar oud.
Die ander Groen seeskilpad is heelwat kleiner en ongeveer twee jaar oud en is deur 'n S.M.A.R.T vrywilliger by Nautilus op die strand gevind.
Kyk 'n video hieronder:
Beide die skilpaaie het mikroskyfies ontvang sodat hulle gemonitor kan word indien hulle weer strand.
Die publiek word gevra om ALLE seeskilpaaie, groot of klein, op strande te rapporteer.
Kontak S.M.A.R.T (Stranded Marine Animal Rescue Team) by 072 227 4715 of die Dias Museum by 044 691 1067.
Beide die skilpaaie het mikroskyfies ontvang sodat hulle gemonitor kan word indien hulle weer strand.
Die mikroskyfie word ingesit.
Op pad see toe.
ARTIKEL, VIDEO & FOTO'S: TERSIA MARAIS, MOSSEL BAY ADVERTISER KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'