MOSSELBAAI NUUS - 'n Inwoner van Bayview voel baie bevoorreg dat 'n pragtige gevlekte ooruil hom/haarself in hulle tuin tuisgemaak het.
Dié vriendelike uil skuil bedags in die bure se groot avokadoboom en bekyk die wêreld van daar.
Laatmiddag word die uilhuis besoek waar 'n stukkie rou hoendernek vir hom of haar wag.
Die uil vlieg in die nag rond en is volgens die inwoner seker op soek na 'n maatjie vir die broeitydperk wat in die winter begin. Volgens die uil-kenners roep die mannetjie "hoe-hoee" en die wyfies "hoe-hoe-hoee" en dit is die enigste wyse hoe hulle op 'n afstand onderskei kan word.
"Dit is vir ons baie spesiaal dat die gevlekte ooruil ons vertrou en veilig voel om hier in die tuin te kuier."
Die gevlekte ooruil sit 'n uiltjie en knip in die lowerryke avokadoboom wat baie beskutting bied.
Soms verkies die vriendelike uil om bedags op enige ander plek te sit.
Die gevlekte ooruil verkies soms om op die bankie naby die mense van die huis te sit.
Die gevlekte ooruil met die hoendernekkie in sy bek.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'