MOSSELBAAI NUUS - Die George Lions-klub hou op 12 Junie 'n familie 4x4-pretdag op 'n plaas buite Herbertsdale. Hout en braaidromme word voorsien vir diegene wat graag 'n vleisie op die kole wil gooi. Ingang is R400 per voertuig.
Belangstellendes ontmoet 07:30 by die Engen-vulstasie buite Mosselbaai en almal vertrek om 08:00.
Al die geld wat ingesamel word gaan ten bate van die George Lions, wat dit weer in die gemeenskap terugploeg.
Vir meer inligting of besprekings WhatsApp vir Linda by 083 263 8310 of Kobus by 076 397 9720.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'