MOSSELBAAI NUUS - Die matriekeksamens eindig 28 November.
Ons het leerders gevra hoe hulle tot dusver gevaar het.
ELRIËTTE SNYMAN: "Die eksamen was vir my glad nie so stresvol soos wat ek verwag het. Elke vraestel het vir my billik gevoel en ek glo dis grootliks te danke aan Punt se oulike onderwysers. Ek gaan volgende jaar Bloemfontein toe om BSc Fisioterapie te studeer. Die geleentheid is vir my so opwindend omdat ek my passie gaan kan uitleef en nuwe avonture ontdek."
PHELISWA ZAKELI: "The exams went well. The easiest were the languages and life sciences. Maths was also easy. Physics was difficult. I'm planning to go to the University of the Western Cape next year."
ANTHUMÉ MANO: "Dit was tot dusver nie so swaar nie. Wat jy in sit kry jy uit. As jy die pad met God loop is Hy saam met jou as jy na die vraestel kyk, hoewel dit nie maklik is nie."
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'