Dit reën in Mosselbaai!

Generiese foto.

MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaai-munisipaliteit het bevestig dat die reën wat sedert vanoggend oor die groter Mosselbaai-area uitsak, tot nou toe geen skade, oorstromings of noodsituasies tot gevolg gehad het nie. 

Teen ongeveer 16:00 het 'n geskatte 10mm reën in Mosselbaai geval. 

Dusver was dit sagte, deurdringende buie. 

Die reën het volgens berigte wel daarin geslaag om die veldbrande wat in die omgewing gewoed het, te blus.

Op dorpe soos Robertson het reënwater plek-plek opgedam en tot oorstromings op die N2, wat deur die dorp loop, aanleiding gegee. 

Laat weet ons gerus hoeveel reën is in die groter Mosselbaai gemeet - stuur 'n e-pos na nickey@groupeditors.co.za

'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'


Your comments
Back to Top

Copyright 2017 Group Editors Co PTY Ltd t/a Mossel Bay Advertiser