MOSSELBAAI NUUS - 'n Nuwe studie oor die bedreigde Afrika pikkewyn is onlangs gepubliseer. Volgens dié studie, gepubliseer in die "African Journal of Marine Science", het die bevolking van die Afrika pikkewyn van 1 miljoen broeipare in die begin 1900's na tot minder as 10 400 pare huidiglik afgeneem.
Die Afrika pikkewyn is al van Mei 2005 geklassifiseer as a bedreigde spesie volgens die internasionale unie vir natuurbewaring.
Danabaai Bewarea
Na aanleiding van die Internasionale Pikkewynedag, wat op 25 April gevier is en die goeie werk wat verrig word deur Seabird and Penguin Rehabilitation Centre (SAPREC) en Stranded Marine Animal Rescue Team (S.M.A.R.T.) met beseerde pikkewyne wat op ons strande land, het die Danabaai Bewarea komitee die SAPREC-perseel in Mossdustria besoek met die doel om 'n donasie te maak.
Hulp en bydraes is enige tyd welkom.
Dit was tyd vir die pikkewyne om gevoer te word en elke pikkewyn se unieke persoonlikheid het duidelik na vore gekom. Met name soos Billy, Mumbo, Happy, Hiccup en Granny het hulle die aanwesiges omtrent vermaak en hulle name gestand gedoen.
Al die huidige pikkewyne is permanente inwoners wat nooit weer vrygelaat kan word nie a.g.v. beserings, wat hulle opgedoen het. Pikkewyne is vatbaar vir "Avian Malaria" in die Wes-Kaap.
Avian Malaria is hoogs aansteeklik en word deur muskiete oorgedra wanneer die parasiete in die voëls se rooi bloedselle nesskop. Daarvoor word daar daagliks Peaceful Sleep bo hulle oë aangesmeer. Die ander groot risiko is bosluiskoors. As daar kleintjies uitbroei in aanhouding word hulle wel vrygelaat in 'n latere stadium.
SAPREC
Die instansie se enigste doel is om alle seevoëls te help. Dit sluit in die bedreigde pikkewyne, bedreigde Kaapse malgas, Kaapse trekduiker (Cormorant) en Stormvoëls.
Maandelikse uitgawes sluit in huur van eiendom, R10 000 per maand kosvoorraad, veearts uitgawes, ens. Op die oomblik is dit ook nodig om die skadu nette te vervang. Enige persoon of besigheid wat bereid is om te help in terme van voorraad of donasies is welkom om SAPREC te kontak.
Die bankbesonderhede is ook beskikbaar op hulle webwerf by www.saprec.org.
Daar is heelwat meer inligting oor die proses wat gevolg word om die diere te red en weer in die natuur vry te laat. Besoek gerus die webwerf.
Verder kan die publiek hulle ook daagliks besoek by Voorlopersingel in Mossdustria, tussen 09:00 en 14:00.
Afsprake is noodsaaklik en 'n bespreking kan gedoen word deur 082 364 3382 te skakel. Jy kan selfs jou tyd afstaan as 'n vrywillger wat uithelp by die sentrum. Ons moedig mense aan om kontak te maak en 'n verskil te maak!
Mense wat omgee vir die pillewyne, van links: Erika van der Westhuizen (Danabaai Bewarea), Michele Fenn (Danabaai Bewarea), Sue Molyneux-Glenn (Danabaai Bewarea) saam met Deon Muller (SAPREC).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’