Gallery
MOSSELBAAI NUUS - ‘n Geskatte 5 000 motorfietsryers van regoor Suid-Afrika en talle van die buurlande het op Mosselbaai gearriveer waar die 13de Buffalo Rally op dié dorp gehou word.
Tot laat Vrydagaand het motorfietsryers nog met tentjies en allerlei kampgerei by die De Bakke Santos-woonwapark opgedaag waar die makietie tot laat aangehou het.
Vandag vertrek die massarit van motorfietsryers stiptelik om 11:00 vandaf die kampterrein, om die Punt, en deur KwaNonqaba op ‘n sirkelroete deur die dorp, waar Mosselbaaiers die geleentheid sal kry om hulle aan die brullende massa motorfietse te verkyk.
Guns n Roses van Kaapstad.
Dis Elize van der Merwe van George se eerste Buff.
Guns n Roses' Steyn Rode.
Click here for more photos of the Buffalo Rally.
FOTO'S: ELAINE VAN DER TOORN
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'