Die vraag is of sakelui besef dat hulle regsaanspreeklik gehou mag word indien die brandbestrydingstoerusting by hul persele nie behoorlik in stand gehou of deur 'n geakkrediteerde tegnikus nagegaan is nie.
Vir die werkgewer en personeel se veiligheid, behoort slegs van geakkrediteerde installasie tegnici gebruik gemaak te word, en toerusting behoort ook slegs deur geakkrediteerde tegnici na installasie nagegaan te word.
'n Geakkrediteerde tegnikus moet 'n SAQCC identiteitskaart kan toon.
'n Nasionale liggaam, die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie Sertifisering Komitee (vuur) (SAQCC Fire), het ten doel om deur inligting, tegnologie en gekwalifiseerde, opgeleide personeel, die diensvlakke van installasie tegnici in Suid-Afrika tot wêreldgehalte en standaarde te verhef.
Die SAQCC (Fire) is tot stand gebring om prosedures vir die kwalifikasie en sertifisering van die diens en installasie tegnici tot stand te bring en sodoende 'n omgewing van die hoogste moontlike, uitnemede veiligheidstandaarde daar te stel.
Hul strewe daarna om alle installasie tegnici behoorlik te registreer en te reguleer en sodoende te verseker dat hulle aan die hoogste kwalifikasies en standaarde voldoen.
Die SAQCC (Fire) bevorder ook 'n gedragskode en prosedures waaraan personeel moet voldoen, en evalueer en keur die betrokke opleidingsinstansies waar tegnici hul vaardighede aanleer, goed.
Voordat sakelui dus goedsmoeds enige tegnikus hul brandbestrydingstoerusting laat nagaan, behoort hulle hul te vergewis of die tegnici behoorlik geakkrediteer en gereguleer is.

Mosselbaai se brandweer het, op versoek, die brandbestrydingstoerusting van die Mosselbaai Shoprite-winkel in Marshstraat nagegaan. 'n Deeglike inspeksie met aanbevelings is uitgevoer. Foto's: Dave van der Merwe
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'