Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Die lankverwagte voetgangerbrug wat 'n veilige oorgang sal bied op die besige R328 tussen Mosselbaai en Oudtshoorn, is vandeesweek geopen.
Leerders van St Luke's Primêre Skool het ewe jolig oor die brug gestap terwyl raadslede en munisipale amptenare, wat die amptelike oorhandiging behartig het, sommer vir hulle erewag gestaan het.
Die R328 verdeel Brandwag se twee woonbuurte. Dit bemoeilik ook die gemeenskap se toegang na winkels, kerke en ook die skool. Konstruksie aan die voetgangerbrug, wat die gemeenskap se veiligheid voorop gestel het, is in Januarie 2021 van stapel gestuur, met die amptelike oorhandiging wat op 28 September was.
Die koste van die brug beloop meer as R11 miljoen.
Die konstruksie daarvan is bewillig danksy die provinsiale regering se munisiale infrastruktuur toekenning wat 92.2% beloop, terwyl die Mosselbaai-munisipaliteit die verdere 7.8% gedek het.
Die voetgangerbrug wat in Brandwag voltooi is.Foto: Julian Scholtz
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'