Ten minste 20 mense is in die proses dakloos gelaat.
Met die Mossel Bay Advertiser se besoek het die wyksraadslid, me. Nokulhula Malilwana (ANC) en die ANC Sweep in die Mosselbaai munisipale Raad, mnr Stanford Mbandezi (foto 5022) die gesinne bygestaan.
Raadslid Malilwana het gisteraand reeds die gesinne gehelp om noodleniging by die plaaslike brandweer te kry.
Volgens mnr. Johnathan Oktober (foto 5021) het hulle bewus geraak van rook maar het gedink dit kom van bure wat motorbande verbrand. Die wind het op daardie stadium die rook weggewaai van die huise.
"Oomblikke daarna het die rook baie donker geword, en het ek uitgegaan om te kyk wat gaan aan. Ek het gesien die huis langs my brand en my vrou en kinders gehelp om uit ons huis na veiligheid te vlug", het mnr Oktober bygevoeg.
Die sewe strukture is totaal vernietig en omstreeks 11:00 op Woensdag, 4 Desember het die brand nog plek plek gesmeul.
"Ons doen 'n beroep op die Mosselbaai gemeenskap om in die gees van Kersfees hierdie gesinne by te staan. Enige bydraes, hetsy klere, nie-bederfbre kos, meubels of beddegoed sal van onskatbare waarde vir hierdie gesinne wees," het Raadslid Mbandezi bygevoeg.
Hy het benadruk dat die munisipaliteit nie noodleniging aan agterplaaswonings verleen nie.
Enigiemand wat van hulp kan wees word versoek om Raadslid Nokulhula Malilwana by 078 310 3366 te kontak.
(1).jpg)
Foto: Nickey le Roux
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai | Tuinroete nuus'