MOSSELBAAI NUUS - Personeel van die Mosselbaai brand, redding & rambestuursdiens is net na 09:30 na ‘n toneel in Uppercrossstraat, Mosselbaai ontbied.
Inwoners het klapgeluide in die dak gehoor waarna rook die huis begin vul het.
Nooddienste was egter vinnig op die toneel en is daar ondersoek ingestel. Elektriese dienste van die Mosselbaai-munisipaliteit was ook op die toneel.
Die vinnige optrede van die Mosselbaai Brand, Redding & Rambestuursdienste het verhoed dat dit in ‘n brand ontaard. Die oorsaak van die brand is onbekend en word op die toneel ondersoek.
Die toneel in Uppercrossstraat, Mosselbaai waar ‘n brand betyds gekeer is. Foto's: Jannie du Plessis
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'