Inskrywings is gratis. Vanjaar is daar ook goeie pryse in die afdelings vir rose, snyblomme, vetplante, potplante, struike en dan ook vir inheemse blomme, struike, bome en potplante.
Met die goeie reënval vanjaar is daar beslis rede om in te skryf. Kyk 'n bietjie deur die tuin, by die bure of sommer op die sypaadjie. Alles wat mooi is kan ingeskryf word, selfs loof.
By die biblioteek, die kwekerye, blom- en hardewarewinkels is boekies met al die afdelings en ander besonderhede rakende die skou.
Inskrywings kan Donderdag, 10 Oktober vanaf 16:00 – 19:00, of Vrydag, 11 Oktober tussen 06:00 en 09:30 na die museum gebring word. Die skou word amptelik om 10:00 op Vrydag, 11 Oktober geopen.
'n Paar wenke vir die keuse van inskrywings:
- Kies 'n blom wat 'n paar dae sal hou en sny dit met 'n lang steel.
- Sekere blomme soos clivias, agapanthus en van die lelies kan 'n paar dae vroeër gepluk word as die kleur wys en kan in die huis gehou word, weg van die slakke en wind.
- Sit die blomme in water of ten minste klam koerantpapier wanneer dit vervoer word.
- Verwyder alle dooie blare en blomgedeeltes.
- Vertoon met styl, byvoorbeeld, sit 'n blaar by 'n varkoor of agapanthus.
Vir meer inligting hieroor, skakel Rita Blae by 082 772 8030. Vir inligting oor stalletjies, kontak Erna Marx by die Dias-museum by 044 691 1067.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai | Tuinroete nuus'