MOSSELBAAI NUUS - Die nasionale bloedbank het op Saterdag, ‘n veldtog van stapel gestuur waartydens bloedskenkers in een dag, by 10 winkelsentrums, 1000 eenhede bloed kon skenk.
Woordvoerder, Arlecia November sê hulle is trots op Mosselbaaiers wat die bloedbank by die Langeberg Mall ondersteun het.
Die veldtog is geloods sodat die bloedbank in die Wes-Kaap weer vyf dae se voorraad tot hulle beskikking kan hê. November sê altesaam 85 eenhede bloed is Saterdag ontvang.
“Vier-en-negentig mense het probeer om te skenk. Ons teiken was 60. In totaal het ons 1 084 eenhede ontvang, 249 nuwe skenkers bygekry en ‘n totaal van 1 357 mense het probeer skenk. Ons is baie dankbaar vir elke skenker wat so geduldig in rye gestaan het om ‘n verskil te maak.”
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'