GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Greenhaven-biblioteek het die onlangse biblioteekweek afgeskop deur hul 42ste verjaardag te vier.
Die biblioteek is die eerste munisipale biblioteek op Groot-Brakrivier en het sy deure op 6 Maart, 1980 geopen.
Die biblioteek is in Watsonialaan, Green Haven geleë en word deur drie personeellede bestuur: Lizette de Kock, Lee-Anne van Rooyen en Myrtle Speelman.
Twee plaaslike skrywers het hul boeke by die biblioteek beskikbaar gestel.
Patrick Matthews se boek, Sonskepper en die digter Lluyle Arendse se digbundel wat in 2021 gepubliseer is is in die biblioteek uitgestal.
Kinders op Groot-Brakrivier het die biblioteek tydens die verjaarsdagvieringe besoek.
'Ons bring jou die nuutste Groot-Brakrivier, Tuinroete nuus'