MOSSELBAAI NUUS - Maande lank reeds is Street Angels daagliks die uitkoms vir honger mense wat geen ander keuse het as om vir ander om kos te vra nie.
Die stigter, Karin Lombard, sê dié nie-winsbejagte organisasie het onlangs amptelike registrasie ontvang en is van harte dankbaar vir die onbaatsugtige borge wat hulle ondersteun.
Een welbekende besigheids-persoon, Aharon Baruch van Baruch's Roastery & Restaurant het Street Angels onder sy vlerk geneem. Vir 'n paar maande gaan hy brood, botter en worsies borg en hy daag ander besighede uit om selfs beter te doen.
"We have to help, we have to realize the need and do something about it," aldus Baruch.
Lombard sê haar inisatief om kos aan honger mense te gee het heelwat byvoordele.
"Dit is nie net straatslapers aan wie ons maaltye gee nie. Daar is baie arm mense wat sukkel om met die geld wat hulle het, 'n maand lank te oorleef. Hulle staan ook elke dag om 14:00 in die ry vir 'n voedsame maaltyd. "Van die mense wat alkohol-afhanklik was, het al van hul drankgewoonte afgesien omdat hulle kos kry, siek mense kan hul medikasie neem omdat hulle nie meer met 'n leë maag sit nie."
Die Street Angels vra die gemeenskap om hulle te ondersteun. Baruch vra ook dat gewone Mosselbaaiers skenkings sal gee, hetsy kos, klere of kontant sodat die perseel wat hulle gebruik se huur betaal kan word.
Vir navrae, kontak Lombard (072 129 4771) of Judy (082 896 7645). Stuur ook e-pos na judymbay@gmail.com
Street Angels is daagliks die uitkoms vir honger mense wat geen ander keuse het as om vir ander om kos te vra nie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'