Update
MOSSELBAAI NUUS - Die inwoners van Benevolent Park het Maandag, 21 Maart 'n vreedsame byeenkoms gehou ter viering van Menseregtedag.
Hulle het egter tydens die byeenkoms, verskeie memorandums met hul griewe oor die bestuur van die oord aan tersaaklike partye oorhandig.
Onder die ontvangers was 'n verteenwoordiger van die departement sosiale ontwikkeling, die wyksraadslid Erika Meyer en lede van die oord se beheerliggaam.
Die Mossel Bay Advertiser het in die verlede al berig oor spanning tussen die oord se beheerliggaam en die inwoners, wat klaarblyklik nog nie opgelos is nie.
In die aanhef van hulle griefskrif, betreur die inwoners van Benevolent Park die feit dat hulle genoop is om hulle na die media te wend om onopgeloste griewe teen die bestuur by te lê.
Eden FM het ook Maandag 'n radio-onderhoud met van die gegriefdes gevoer.
Daar word in die griefskrif kapsie gemaak teen gebrekkige dienslewering deur die versorger verbonde aan die dienssentrum. Verder word uitgebrei oor die feit dat die beheerliggaam nie na wense op inwoners se skrywes aan hulle reageer nie.
Daar word gekla finansies, onder meer die "buitensporige, onbekostigbare huurgeld", veral wat die SASSA-pensioentrekkers betref.
Die inwoners is ontevrede oor die samestelling van die beheerliggaam, hulle dienstydperk en die verkiesing van 'n nuwe beheerliggaam. Voorts word die aanwending van 'n Lotto-skenking bevraagteken.
Aantygings van "wanbestuur van finansies" word ook gemaak met die aandrang dat die huidige beheerliggaam bedank en 'n tussentydse raad verkies word.
In hulle repliek op die griefskrif, sê die beheerliggaam dat hulle teleuresteld is daaroor "dat sekere inwoners met persoonlike agendas en vendettas van ons bejaardes misbruik ten einde hul eie agendas te bevredig".
Hulle beweer dat van die persone wat vir die protesaksie gebruik is, "nie verstandelik of kognitief stabiel is nie" en "slegs 10% van Benevolent Park se inwoners betrokke was".
"Ons erken daar is probleme (soos by enige ander plek), maar ons is besig met veranderinge en onderhandelinge met verskeie organisasies en partye vir hulp en ondersteuning," lui die repliek.
Die beheerliggaam het 'n ope uitnodiging gerig aan lede van die gemeenskap om hulle te help om noodsaaklike veranderinge en prosesse deur te sien. Hulle het ook benadruk dat finansiële state vir publieke insae beskikbaar gemaak kan word.
'n Opvolgartikel met die oordbestuurder, Kitty Thiele word vir 'n volgende uitgawe van die Advertiser beplan. Thiele het, na aanleiding van Maandag se gebeure, die Advertiser genooi om 'n terreinbesoek te kom doen ten einde die gemeenskap 'n kykie te gee aangaande die oord se uitdagings.
Volledigheidshalwe, het die Mossel Bay Advertiser ‘n verbatim-weergawe van die inwoners se griefskrif, asook die beheerliggaam se repliek daarop, hier gepubliseer.
GRIEFSKRIF
Die Mosselbaai Benevolent vereniging vir bejaardesorg Voor-sitter Mev Margaret Bhana
Geagte voor-sitter
Ongelukkigheid van Bejaardes
Dit is met groot teleurstelling dat ons die inwoners van Benevolent park Mosselbaai, ons weereens moet nader na die media met ons onopgeloste griewe teen die bestuur, Die Mosselbaai Vereninging ven Bejaardesorg. Ons verwys na die onwaarhede van die Beheerraad )voorsitter), (ondervoorsitter) en (voorsitter van Finansies) wat geplaas was in die Advertiser.
- Die denssentrum versorger:
- Die versorger lewer net twee dae van die week diens aan die huurders. En nie elke dag soos beweer deur die Beheerraad.
- Bloeddruk metings en suikerlesings word een keer per maand gedoen. En nie elke week soos wat daar beweer word nie
- Wanneer huurders siek word moet hulle self by die hospitaal kom, sou hulle gebruik maak van die bussie moet hulle betaal vir die vervoer.
- Kommunikasie aan Beheerraad:
- Geen oplossing word gekry inverband met geskrewe briewe van geriewe en ongelukkigheid, van 2 Junie 2021, 19 Januarie 2022 en ook vorige jare.
- Die kwessie van buitensporige, onbekostigbare huur gelde van 65% van Sassa pensioen inkomste van R1 890-00) waarvan R1 230-00) per persoon vir ‘n eenheid moet betaal. Waar van ‘n paartjie wat in ‘n woon eenheid bly buide van hulle betaal R1 230-00 wat onwettig is. Enkel huurders kry 100 elektriese eenhede gratis, 2 persone in ‘n woon eenheid kry net 150 eenhede gratis. Sassa pensioen trekkers het net ‘n skrale R660-00 oor elke maand om kruideniers ware, vrugte, groente, medikasie, vleis en vervoer. Van ons inwoners met ekstra werkies doen om te oorleef.
- Depositos van R1230-00 vir onderhoud van woon eenheid en R800-00 vir verf van eenheid nie terugbetaalbaar. Ons Sassa pensioen trekkers kan dit nie bekostig nie, dit is onwettig.
- Extra R1000-00 moet betaal word vir veranderings wat gemaak was van vorige huurders.
- Ander instansies:
- Ons inwoners het ook briewe gestuur aan die plaaslike Munisipaliteit wat die einaars is van on swoon eenhede, die huidige burger meester, wat verlede jaar onder burgermeester was.
- Ons het ook briewe aan die Departement van menslike hulpbrone gestuur, wat ons subsideer met ons huur gelde en maal tye, Me Vanessa Damon, Mev Delores Wewers, Mnr Robert Ma Donald. Om oplossings te kan kry. Ons het verlede maand ‘n brief geskryf aan die kommisaris van mense regte, onsverwag ‘n besoek ‘n besoek van laas genoemde gedurende die week.
- Daar was ook in 2018 onderhandel met Rotarieers, Munisipaleteit en Beheerraad om te help met hulle oor bevoegde kundigheid by ons tehuis.
- Ander ontevredenheid/bekommernis is onder andere:
- Dat ons inwoners weer ‘n huu r verhoging van R50-00 moet betaal van ons Sassa verhoging van R90-00 soos verlede jaar waar ons moes opdok met R15-00 verhoging betaal het van die R30-00 wat ons van Sassa ontvang het.
- Bussie word teen betaling gebruik deur inwoners van R15-00 per rit na kliniek en dag hospitaal, R15-00 na winkel sentrum. Skoonmaak van huisie Sassa R35-00 Siviel R45-00, Vensters R30-00 pm, Wasgoed R60-00 en R70-00 pm, Ontbyt R50-00 pm, Aandete R50-00 pm, Motor afdak huur R100-00 pm, donasies wat geskenk word, verkoop hulle aan die huurders.
- Volgens die grondwet van Benevolent park mag ‘n lid twee jaar dien op die Beheerraad, daar was nie nie ‘n verkiesing gehou die afgelope paar jaar nie, daar is lede wat meer as tien jaar dien. Ons voel dat hierdie drie Dames se tyd op die raad volstrek is, sodat daar nuwe lede die bestuur kan oor neem. Gedurende hulle tyd perk was daar baie ongegeruimhede soos skunking gelde wat weggeraak het. Beheerliggaam funksioneer heidiglik net met 3 lede wat nie ‘n kworum uit maak nie. Volgens die nuwe grodnwet moes die Beheerraad reeds afstand gedoen het na 2 jaar. In Desember 2020 was daar geadverteer vir poste: BEHEERRAAD POSISIES VIR BENEVOLENT PARK
Aansoeke word ingewag vir bevoegde en bewese lede: Voorsitter, Onder-voorsitter; Sekretaris; Hulp-Sekretaris; addisionele lede. Twee Vrywillige dienslewering. Begin datum 02 Januarie 2021 Rig aansoeke en CV vir Poste en Beheerraadposisies aan Die Beheerraad Voorsitter die Beheerraad poste was nooit gevul nie.
- Ons inwoners/huurders wil erenstif weet van die verduistering geld van R630 000-00 wat in die advertiser koerant verskyn het, daar was tot hede geen verantwoordelikheid gegee van die Beheerraad se kant af, aan die gemeenskap van Mosselbaai of aan ons huurders nie. Die Dame wat verantwoordelik was vir die geld van Benevolent park diens sentrum was onskuldig bevind, en het van Benevolent R453,147-50 ge eis vir naam skending?
- Lotto – Skenkings:
- Die gelde was beskikbaar gestel om die volgende aan te bring (1,250,000) (a) Omheining van perseel, (b) intercom stelsel herstel, (c) Elektriese Omheining, (d) Batton Tagging, € Fire Detectors herstel, Herstel van toebehore. Van al hierdie genoemde items is net die omheining van perseel gedoen. Weens dit voel ons da tons veiligheid bedreig word.
- Instalering van Alarm,
- Die alarm stelsel is net by die kantore geinstaleer, vir R8 000-00 en ‘n maandelike premie van R800-00 per maand, die elektriese bedrading buite werking is omdat die kontrakteur wat die bedrading moes gedoen het, die haase pad gevat het met die geld. Die Beheerraad het niks gedoen omtrent dit nie.
- Ons inwoners/huurders vra as gevolg van al hierdie ongerymdhede en wan bestuur van die finansies moet die sogenaamde Beheerraad onmiddelk bedank, sodat daar ‘n tussen tydse Beheerraad ingestel kan word.
Ons dank u
Adam Mitas, John Herwels, Joseph O’Grady, Daniel Cloete, Ivy Ferndale, Roseline Hendricks
VOOR-SITTER O/D-VOORSITTER SEKRETARIS ADDISIONEEL
REPLIEK DEUR BEHEERLIGGAAM
Die Advertiser
Cornelle Carstens
Reaksie van Bestuur op die memorandum soos ontvang op 21 Maart 2022 [ In kort ]
- Dit is met groot teleurstelling dat sekere inwoners met persoonlike agendas en vendettas van ons bejaardes misbruik ten einde hul eie agendas te bevredig. Dit nodig ook vermeld te word dat van die persone wat vir die protesaksie gebruik is, nie verstandelik of kognitief stabiel is nie en voorgehou is om plakkate te vertoon. Verder ook dat slegs 10% van Benevolent Park se inwoners betrokke was. Ons is van mening dat die ander 90% tevrede en gelukkig is. Ons erken daar is probleme is (soos by enige ander plek), maar ons is besig met veranderinge en onderhandelinge met verskeie organisasies en partye vir hulp en ondersteuning.
- Baie van hierdie aspekte was al verskeie kere skriftelik met mnr Mitas gekorrespondeer – al afleiding wat ons kan maak is dat hy dit nooit met die 10% gekorrespondeer het nie. Afskrifte van hierdie korrespondensie is beskikbaar. As gevolg van spasie kan of gaan ons dus nie nouweer al hierdie kwelpunte punt vir punt verduidelik nie. Indien lede van die publiek meer insae wil hê is hulle meer as welkom om dit van die Bestuur aan te vra.
- Ook net noem dat ‘n paar van die aspekte in die memorandum is ook nie feitlik korrek gestel nie.
- Veranderinge neem tyd… dit is ‘n proses, pynlik en veroorsaak ongemak. Ons vra ALMAL se geduld en begrip om hierdie proses deur te sien en deur te voer.
- Die grootste probleem om alles op te los is FINANSIES…. Iets wat ons nie het nie. Finansiële state is ook beskikbaar vir u almal om te sien.
- Indien daar persone in die Gemeenskap is met kundigheid hulpbronne en vaardighede is wie ons kan kom help; om die pad saam met ons te stap om hierdie veranderinge en prosesse deur te sien, is u baie welkom om ons te kom help.
- Ons wil dit ook benadruk dat ons onderhandelingstafel was en is nog altyd oop vir gesprekke, idees en positiewe bydrae sou enige persoon, insluitend hierdie 10% groepie van die inwoners.
Lede van Benevolent Park se inwonerskomitee wat die protesaksie gereël het.
Foto's: Cornelle Carstens
Verwante artikel: Oues staan op hul regte
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'