Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Die inwoners van Benevolent Park het ‘n vreedsame byeenkoms gehou vanoggend, 21 Maart, te viering van Menseregtedag.
Tydens die byeenkoms, het hulle verskeie memorandums met hul griewe aan tersaaklike partye oorhandig.
Onder die ontvangers was ‘n verteenwoordiger van die departement sosiale ontwikkeling, die wyksraadslid Erika Meyer en lede van die oord se beheerliggaam.
Met die Mossel Bay Advertiser se besoek vanoggend, het die inwoners van hulle kwellings en kommer oor onder meer onhigieniese toestande op die terrein uitgewys.
Die Advertiser het in die verlede verskeie kere berig aangaande die inwoners se krapperigheid oor die bestuur van die oord. Hierdie griewe is opnuut in die dokument vervat wat vanoggend oorhandig is.
Een van die inwoners wat met ‘n opsommende kopie van Suid-Afrikaners se konstitusionele regte is sy baadjiesak loop, het dit aan die Advertiser getoon en gese: “Ek is dankbaar vir ons komitee wat hierdie probleme uitgewys het. Kyk na hierdie dokument. Die goed waarmee ons sukkel, sal j yonder hierdie regte binne die Grondwet kry.”
VIDEO: Cornelle Carstens
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'