MOSSELBAAI NUUS - Bekende skrywer Jan van Tonder en plaaslike sanger en musikant Petronel Baard sal Vrydag, 18 Augustus, by Harti's Sjiek, Klein Brak, optree.
Gaste sal bederf word met Jan se lesings uit van sy boeke soos Roepman, Die verevrou en boeke van sy Sagie-reeks.
Petronel sal sy lesings begelei met gepaste musiek.
Hierdie unieke geleentheid kos R200 per kaartjie. 'n Ligte ete is ingesluit.
Die verrigtinge begin om 19:00.
Besprekings vir dié fees, wat deel is van die Mosselbaai-kunstefees is, is noodsaaklik. Kontak Susan (082 881 3305) vir meer inligting en om kaartjies te koop.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’