Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Na twee jaar van bykans geen sosiale aktiwiteite nie, was daar omtrent 'n vrolike atmosfeer tydens 'n fondsinsamelingsgeleentheid vir Benevolent Park wat verlede naweek aangebied is.
Volgens die organiseerders is die geleentheid, oftewel die African Brunch baie goed ondersteun.
"Die ondersteuners was omtrent uitgevat in kleurvolle uitrustings om die tema uit te beeld. Die atmosfeer was ontspanne en gemaklik en die kos en musiek baie lekker," berig die voorsitter van die beheerliggaam, Margaret Bhana.
FOTOGALERY: African Brunch by Benevolent Park
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'