Hierdie Kudde Evaluering is vir die 33ste agtereen volgende jaar aangebied. Wat 'n wonderlike prestasie en getuigskrif vir hierdie streek en sy skaapboere.
‘n Totaal van 100 skape van 10 deelnemers het aan vanjaar se evaluering deelgeneem.
Die ooie was van uitstaande gehalte en in goeie kondisie. By die Merino’s was goeie bouvorm en wol kwaliteit van uitstekende gehalte.
Elke deelnemer was in eie reg 'n wenner en het homself gemeet aan sy mede deelnemers om sodoende te sien waar hy sy kudde en sodoende sy boerdery kan verbeter. Dit is tog, op die einde van die dag die hele doel van die evaluering.
Die kompetisie is deur Jan Cilliers (BKB) en Michael de Klerk (Pfizer) beoordeel terwyl die punte- en prysuitdeling deur Robert Scott van BKB behartig is. Pieter Aucamp en Hennie Senekal van BKB het gehelp met die reëlings en die dag is afgesluit met 'n heerlike spit braai (dankie Hennie) wat terdeë deur almal geniet is.
Uitslag
Die wenners is soos volg aangewys:
Algehele wenner: André de Jager van Swartklip, Albertinia.
Beste wol: Tewie van Rensburg van Rooiblom, Mosselbaai.
Beste bouvorm: André de Jager van Swartklip, Albertinia.
Beste vordering: Johny en Gilbert Muller van Arum Valley, Mosselbaai.
Wenner tussen 300-500 ooie gepaar: Tewie van Rensburg van Rooiblom, Mosselbaai.
Baie dankie aan al die borge, deelnemers en persone wat betrokke was by die suksesvolle Kudde Evaluering. "Dit is julle betrokkenheid en positiewe gesindheid wat maak dat hierdie Kudde Evaluering elke jaar net beter word - dit word opreg waardeer."
Pieter Aucamp van BKB (links agter) saam met ander deelnemers en organiseerders: Cornelius Muller (Hagelkraal), Jurie Muller (Ouland), Flip Fivaz (Arbeidsloon), Quintus Muller (Patrysfontein), Marais Pienaar (Bon Avontuur), Danie Pienaar (Bon Avontuur) en Hennie Senekal (BKB). Voor: Helmie Honiball (Sandfontein), Johny Muller (Hagelkraal), Johny Muller (Arum Valley), André de Jager (Swartklip) en Tewie van Rensburg (Rooiblom).