Video
ALBERTINIA NUUS EN VIDEO - Weinig kon uit die brandende huis gered word nadat 'n Ou Kaaps-Hollandse huis in Parkstraat op Saterdag 26 Mei om ongeveer 19:00 heeltemal afgebrand het.
Volgens kapt. Susan Botha, stasiebevelvoerder van Albertinia-polisie, het die eienaar se hande en arms brandwonde opgedoen toe hy die vuur probeer blus het. Na bewering het die gasverwarmer aan die brand geslaan.
Volgens Hessequa-brandweer is geen beserings aangemeld nie.
Die brandweer was gou op die toneel en is spanne van Albertinia en Riversdal ontplooi.
Twee strukture op die eiendom was in gevaar, maar slegs een struktuur kon gered word.
Die Hessequa 24 uur-noodnommer kan geskakel word om enige brande, vloede of ongelukke aan te meld.
Dié noodnommer is 028 713 2222.
Die huis in ligte laaie.
Kyk 'n video hieronder.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'