GROOT BRAKRIVIER NUUS - Die polisie het bevestig dat die vier mans wat vanoggend die poskantoor op Groot-Brakrivier beroof het, gewapen was.
Die verdagtes het ook die sekuriteitsbeampte van Fidelity Guards wat daagliks by die poskantoor werk, van sy vuurwapen beroof.
Kommunikasiebeampte, Sersant Laurianne Botha sê die verdagtes het die werknemers van die poskantoor met vuurwapens gedreig en hulle gedwing om geld wat in die poskantoor se kluis was te oorhandig.
Die verdagtes het daarna met ‘n onbekende bedrag kontant te voet gevlug.
Vorige artikel: Gewapende roof by Groot Brak poskantoor
'Ons bring jou die nuutste Groot Brakrivier, Tuinroete nuus'