Die fondse wat ingesamel word, sal gebruik word om vir minderbevoorregte kinders melk, kos en ander noodsaaklikhede aan te koop.
Daar is ook 'n groot behoefte aan skryfbehoeftes vir 100 laerskoolkinders.
'n Toer word beplan vir 100 behoeftige kinders en daarvoor is heelwat middele nodig. Daar word beoog om onder andere T-hemde vir hierdie kinders te laat druk.
Ander aksies wat die ACVV onderneem, is om sop te verskaf aan bejaardes en minderbevoorregte kinders, veral buite skooltye. Enige sopbestanddele word dus dringend benodig! Die sop word gevries en dan uitgedeel by huise waar nood is.
Die volgende items word benodig vir spesifieke behoeftes:
- Stoof en 'overlocker' om te koop;
- Twee enkelbedmatrasse vir 'n stapelbed;
- Yskas vir kantoorgebruik.
"Die ACVV waardeer elkeen wat met 'n oop hand en hart die aktiwiteite van die organisasie ondersteun. Baie dankie aan almal wat gehelp het met matriekuitrustings: verskeie privaat persone asook Lani's Boetiek vir die pragtigste rokke.
"Daar is mense wat help met sopbestanddele, klere en ander noodsaaklike items soos beddens, linne, kruideniersware en vele meer. Daar is soveel behoefte aan goeie gebruikte klere.
Die ACVV verwelkom alle gebruikte klere om hul fondse te styf asook om in baie hawelose mense se nood te voorsien.
"Die nood groei elke dag en ons waardeer elke persoon wat 'n helpende hand uitsteek. Baie dankie!"
Kontak nommers vir hulp en ondersteuning is: 082 852 4096 en 044 691 1039.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai | Tuinroete nuus'