MOSSELBAAI NUUS - ‘n 80-jarige man van Rheebok, Groot-Brakrivier is gearresteer nadat hy na bewering ‘n 13-jarige meisie seksueel aangerand het.
Volgens polisie het die voorval gister by die Punt in Mosselbaai voor ‘n roomysstalletjie gebeur.
Die polisie se voorlopige ondersoek dui daarop dat die verdagte saam met die slagoffer in sy voertuig gesit het, toe hy haar na bewering seksueel aangerand het.
Volgens polisie het die verdagte daarna vir die slagoffer roomys gekoop.
‘n Ooggetuie wat die voorval aanskou het, het die polisie gekontak.
Die verdagte bly in aanhouding en verskyn more in die Mosselbaai Landdroshof op ‘n aanklag van seksuele aanranding.
ARTIKEL: LOUISE KARSTEN, MOSSEL BAY ADVERTISER JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'