MOSSELBAAI NUUS - Die woordvoerder van die KwaNonqaba-Polisiestasie, ao Kappie Kapp, het bevestig dat 'n saak van strafbare manslag ondersoek word, nadat 'n 53-jarige man gesterf het in 'n botsing tussen 'n vragmotor en 'n bakkie op die N2 naby die Danabaai-afrit.
Volgens ao Kapp, dui 'n voorlopige ondersoek daarop dat die voertuie in dieselfde rigting op die N2 oppad Kaap toe beweeg het, waarna die wit dubbelkajuit bakkie en die vragmotor in die botsing betrokke was.
Die persoon wat in die ongeluk gesterf het, is van Albertinia.
Die ongeluk het ongeveer 14:00 gebeur en 'n gedeelte van die N2 is gesluit om die ongelukstoneel op te ruim.
Die publiek word versoek om sers Melvin Niemand by 044 606 5633 te kontak, indien hulle enige inligting kan verskaf wat kan help met die ondersoek.
Foto's: Verskaf
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'