Gallery Video
SUID-KAAP NUUS EN VIDEO'S - Groot kokkedore van die Wes-Kaapse polisiemag, sowel as plaaslike leiers in die polisiediens, het vanoggend die oorhandiging van 40 nuwe voertuie by die polisie se distrikskantoor in Heatherlands bygewoon.
Waarnemende polisiekommisaris generaal-majoor Thembisile Patekile het as gasspreker opgetree, met ‘n spreekbeurt vir provinsiale adjunk-kommissaris vir sigbare polisie, generaal-majoor Mpumelelo Manci en waarnemende adjunk-provinsiale kommissaris Mende.
Generaal-majoor Oswald Reddy, areabestuurder van die polisie in die Suid-Kaap, was ook ‘n spreker vir die geleentheid.
Die voertuie is oorhandig aan bevelvoerders vir drie areas binne die Suid-Kaap, naamlik die Eden-distrik, Da Gamaskop (wat strek van Mosselbaai tot Swellendam) en Beaufort-Wes.
Fotogalery: 40 Nuwe voertuie vir Suid-Kaap polisie
Kyk 2 video's hieronder:
“Ons polisieer nou ‘n nuwe wêreld waar alles vinnig gebeur,” het Patekile gesê. “Die voertuie is toegerus met die nuutste tegnologie. Moenie vir ons sê jy moes uitswaai vir iets nie, ons kan sien of dit inderdaad so is.”
Patekile het gesê ofskoon die voertuie aan die polisie oorhandig word, behoort dit eintlik aan die gemeenskap, wat deur die polisie bedien word. “Dien met integriteit. Doen iets goeds – al sien niemand anders dit raak nie,” het hy gesê.
'n Pragvloot van veertig polisie-voertuie. Foto: Michelle Pienaar
Die Wes-Kaapse polisieorkes het vanoggend gewys hoekom hulle 'n gesogte item op die agenda van polisiesake is. Foto: Michelle Pienaar
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'