Update
MOSSELBAAI NUUS - Die liggame van drie mans wat gister dood is toe die bakkie waarin hulle gery het teen ‘n krans afgestort het, is tydens ‘n ingewikkelde reddingsoperasie van bykans ses uur uit die wrak bevry.
Die oorledenes, twee inwoners van Groot-Brakrivier en een inwoner van Blanco se liggame was sedert gistermiddag omstreeks 15:00 in die bakkie tussen bosse, vasgekeer.
Die polisie vermoed die bestuurder, in sy 40’s, het om ‘n draai op die Kleinplaaspad duskant Friemersheim beheer oor die voertuig verloor.
Die ander twee mans is 18 en 26 jaar oud.
Hoewel die families reeds van die voorval ingelig is, het die polisie nog nie die identiteit van die oorledenes bekend gemaak nie. Die mans was na wat verneem word onderweg na ‘n 60ste verjaarsdagpartytjie.
Minstens dertig reddingswerkers het aan die operasie deelgeneem.
Die liggame is na die plaaslike lykshuis geneem waar familie uitkennings sal doen.
Die liggame van drie mans wat gister dood is toe die bakkie waarin hulle gery het teen ‘n krans afgestort het, is tydens ‘n ingewikkelde reddingsoperasie van bykans ses uur uit die wrak bevry.
Lees 'n vorige artikel: Bakkie stort by krans af, 3 oorledenes steeds vasgekeer
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'