Sy het daarna die nuwe kabinetslede vir haar nuwe provinsiale wetgewer aangekondig.
Anders as in die verlede, het twee vroue poste in provinsiale kabinet bekom. Die Universiteit van Wes-Kaap (UWK) akademikus, Nomafrench Mbombo, is tot die portefeulje kultuursake en sport verkies, 'n pos wat vantevore deur die Wes-Kaapse DA partyleier, dr Ivan Meyer, beklee is.
Die ander vrou, Debbie Schafer, voorheen 'n lid van die Parlement, neem die opvoedkunde portefeulje oor van die vorige LUR vir opvoeding, minister Donald Grant. Mnr Grant neem voortaan verantwoordelikheid vir die openbare werke en vervoer portefeulje.
'n Nuwe pos, ekonomiese- en landbou-ontwikkeling, sal voortaan deur die LUR vir finansies en ekonomiese ontwikkeling in die ou kabinet, minister Alan Winde, beklee word. Dr Meyer sal aan die stuur van die ander nuwe portefeulje, finansies, wees.
Minister Robin Carlisle, die voormalige LUR vir openbare werke en vervoer, en Minister Gerrit van Rensburg, voormalige LUR vir landbou, keer nie weer na die provinsiale kabinet terug nie.
Minister Van Rensburg neem 'n pos op in die Nasionale Raad van Provinsies (NRvP), terwyl Minister Carlisle aftree.
Ander LUR'e wat in die vorige provinsiale kabinet gedien het, Ministers Theuns Botha (gesondheid), Anton Bredell (plaaslike bestuur), Bonginkosi Madikizela (omgewingsake, ontwikkelingsbeplanning en menslike nedersettings), Dan Plato (gemeenskapsveiligheid) en Albert Fritz (gemeenskapsontwikkeling), bly in hul poste.
Mosselbaai
Twee Mosselbaaiers wat ook op die DA se kandidatelys vir die 7 Mei verkiesing verskyn het, mnre Anton Dellemijn en Okkie Terblanche, is nie tot die Wes-Kaapse wetgewer of Nasio-nale Parlement verkies nie.
Mnr Dellemijn het egter aan die Mossel Bay Advertiser gesê hy is dankbaar dat mnr Jaco Londt, die DA se Oos Streeksbestuurder, wel tot die NRvP aanvaar is.
"Hy is baie bekwaam en 'n besondere toegewyde mens," het hy bygevoeg.
In 'n skrywe aan DA kollegas, het mnr Londt bygevoeg, "Ek sien uit om 'n kiesafdeling of twee in die streek te kry en my daarop toe te spits met die fokus op 2016 en sal betrokke bly op streeksvlak om my opvolger te ondersteun wanneer hy/sy aangestel word."

Mnre Okkie Terblanche, Jaco Londt, Anton Dellemijn, Dirk Kotze en Tonie Du Preez. Mnr Jaco Londt is gekies om die DA in die Nasionale Raad van Provinsies te verteenwoordig. Foto: Verskaf
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'