MOSSELBAAI NUUS - 'n Sewentienjarige seun het op Dinsdag, 4 September sy eerste hofverskyning gemaak in die landdroshof op Groot-Brakrivier op 'n aanklag van moord. Polisiewoordvoerder, kaptein Malcolm Pojie sê die verdagte is op Sondag, 2 September gearresteer nadat hy na bewering die 20-jarige Brandon Topp op 'n plaas by Kleinfontein met 'n bottelnek doodgesteek het.
Die tiener het die slagoffer verskeie kere op sy nek en kop gesteek tydens 'n rusie oor wyn, waarna hy van die toneel gevlug het.
Hy is die volgende dag gearresteer. Hy word aangekla van moord en bly in aanhouding by 'n huis vir jeugmisdadigers in George.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'