TUINROETE | KAROO NUUS - Group Editors ondersteun die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) se Woord van die Week-inisiatief.
Om 'n woord te borg, besoek www.wat.co.za
paashaas s.nw., paashase; paashasie. Ook paashasie.
1 Haas wat volgens oorlewering tydens Paasfees vir kinders paaseiers bring: Die Paashaas is al net so eie aan die Paasfees as die Paaseier (Oost., 25 Mrt. 1964, 8). Net soos die paaseier vind die paashaas sy oorsprong in heidense tradisies (H.D.A. du Toit: Feesvier, 1969, 79).
2 Speelding, ornament of lekkergoed i.d. vorm van 'n haas, as voorstelling v.d. paashaas (paashaas 1).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’