Gallery Video
MOSSELBAAI NUUS - Hoewel dit nog stillerig was vroeër vandag by die stemlokale in Wyk 9, het partye wat aan die verkiesing in dié wyk deelneem ‘n sterk teenwoordigheid gehad.
By Hoërskool Sao Bras het ‘n partylid vreugdevol gedans ten aanskoue van lede van die publiek en kiesers op pad na die stembus.
Vryskut-fotograaf vir die Mossel Bay Advertiser, Julian Scholtz het by Sao Bras, D’Almeida en die Lutherse-kerksaal in die geskiedkundige Tarka-woonbuurt gaan kyk hoe die stemmery verloop.
Kyk 'n video hieronder.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'