Gallery Video
VERKIESINGSNUUS EN VIDEO - Premier Helen Zille het die finale stukrag vir die 2019 verkiesingsveldtog in die Suid-Kaap gegee toe sy George besoek het om onder meer van deur tot deur met inwoners te gesels. Sy tyd spandeer onder meer met Joanna Pedro wat haar vertel het van die verwoestende effek van 'n onlangse brand op haar gesin.
Zille het kiesers gemotiveer om verantwoordelikheid vir hul eie toekoms te neem en op Woensdag, 8 Mei te stem. "As jy nie stem nie, het jy geen reg om later te kla nie," het Zille gesê.
Op 'n vraag wat sy as vrou, ma en ouma graag ná die verkiesing van Suid-Afrika wil sien, het Zille gesê haar grootste hoop is op 'n verantwoordelike regering wat werkskepping, armoedeverligting en die welstand van alle inwoners voorop sal stel.
Zille, wat onder meer in 2008 as die wêreld se beste burgemeester gekroon is toe sy die uitvoerende burgemeester van Stad Kaapstad was, en selfs onlangs deur die Nasionale Vergadering met die effektiewe bestuur van die Wes-Kaapprovinsie gelukgewens is, is een van weinige nasionale leiers wat op al drie vlakke van regering bewese ondervinding in die regering het. Sy is ook 'n gepuliseerde skrywer, 'n oud-joernalis wat die Steve Biko-sage oopgekrap het. Sy het vir jare saam met die Black Sash as anti-apartheidsaktivis gewerk.
Op die vraag of politiek steeds haar passie is en of haar loopbaan ná die 2019-verkiesing 'n ander wending sal neem, het sy onomwonde gesê sy sal steeds in die politiek betrokke bly - steeds onder die DA-vaandel - maar dat daar wel nóg boeke uit haar pen verwag kan word.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'