Advertorial
SAKE NUUS - Min dinge in die konstruksiebedryf in kusgebiede kan 'n groter kopseer verskaf as vog in boupersele. WeatherPrufe se verfsisteme is ontwikkel in Kaapstad, spesifiek met die oog daarop om hierdie uitdagings aan te spreek. David Wandrag van WeatherPrufe Paints Southern Cape & Garden Route verskaf hierdie produk plaaslik en versprei dit in die Suid-Kaap van Swellendam tot in die Oos-Kaap.
David is reeds 24 jaar in die verfbedryf werksaam en die afgelope nege jaar, beproef hy WeatherPrufe met groot sukses.
"Ek het die produk die afgelope 8-9 jaar deur en deur getoets. Van die groot projekte wat ons tot nou toe aangepak het is die verf en opknapping van die Pinnacle Point Villas, meer as 100 eenhede en die motorhuiskompleks en meer as 60 van die Lodges by Pinnacle Point."
David noem dat die weerstoestande in die Pinnacle Point-omgewing wesenlik verskil van dié in Mosselbaai en dat dit juis daarom die ideale omgewing is om 'n verfproduk te toets.
'n Verdere getuigskrif vir hierdie produk se duursaamheid en effektiwiteit, is spoghuise in die Pinnacle Point-landgoed, wat in episodes van die joernaalprogram Top Billing gepryk het.
Tot soveel as 14 bouers wat gereeld op dié spoglandgoed by konstruksiewerk betrokke is, koop WeatherPrufe se verfprodukte plaaslik aan. BuildIt in Mosselstraat, D'Almeida dien ook as 'n plaaslike verskaffer.
David verduidelik dat daar tans plaaslik 'n nuwe tendens geskep word in oppervlakvoorbereiding voor verf aan-gewend word.
"Elastocryl is 'n onverbeterlike produk vir waterdigting. Dit is ook baie goedkoper as die tipiese 'torch on' en sement gebaseerde waterdigtingsmetodes. Die WeatherPrufe-verfsisteme is in geheel goedkoper, koste-effektief en instandhoudingvry."
Volgens David is oppervlakvoorbereiding die sleutel tot sukses. "Ons produkte bevat oor die algemeen baie meer soliedes tot en met 46% wat behels dat 'n mens minder verf benodig. Ons produkte is dik, dus gebruik 'n mens minder en dit wend maklik aan. Ons spaar bouers tans 30-40% op verfkoste."
Groot projekte wat onlangs voltooi is, is die waterdigting en verf van die Mosselbaai Mall, Heiderand. Die projek is voltooi saam met Heinrich Matthee (HJ Verfdienste).
David het 18 maande gelede eers met verkope van die produk plaaslik begin vanaf sy perseel in 21ste Laan. Die sukses daarvan is van so 'n aard dat uitbreiding na George en ook ander dele van Suid-Afrika, ondermeer KwaZulu-Natal en Gauteng, genoodsaak word.
WeatherPrufe-produkte is nie net aan kontrakteurs of in grootmaat nie, maar ook aan individue beskikbaar.
Kontak David Wandrag van WeatherPrufe Paints vir meer inligting op (082 977 7802 of djservices@telkomsa.net).
Elastrocryl van WeatherPrufe is 'n onverbeterlike waterdigtingsproduk en word met groot sukses gebruik by konstruksiepersele in die spoglandgoed, Pinnacle Point.
Die Mosselbaai Mall se opknapping is een van groot projekte wat getuig van WeatherPrufe se uitstekende verfsisteme.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'