Advertorial Video
SAKE-NUUS EN VIDEO - Vida Nova, 'n gemeente waar almal welkom is om te deel in die visie – ontdek saam die vreugde van geloof wat deur liefde dien - bied vanjaar opnuut aanbiddingsgeleenthede waar alle gelowiges, besoekers en soekendes tuis sal voel.
Die gemeente, voorheen bekend as die Mosselbaai AGS en geleë in Da Nova, het in April 2018 hulle naamsverandering, wat beteken "lewe nuut", bekendgestel.
"Met Mosselbaai se Portugese wortels en ook aangesien die eerste Christelike aanbiddingsplek in Suider-Afrika hier aan ons kus gevestig is deur Joao da Nova, het die naam soveel sin gemaak."
Die leierleraar aan die gemeente, Gerhard van Rensburg, verduidelik die naamsverandering in 'n video wat by hierdie skakel beskikbaar is. Die gemeente, vorm steeds deel van Missio Dei - 'n netwerk binne die Apostoliese Geloofsending van Suid-Afrika (AGS).
Vanjaar stel die gemeente nuwe byeenkomstye op Sondae bekend. "Ons bied twee byeenkomste.
"Die eerste, met sy energieke en ekspressiewe styl, noem ons die 9voor9-byeenkoms. Hier vorm die jongmense, veral tieners 'n integrale deel van die byeenkoms.
"Ons maak hulle dus deel van gemeentelewe deur hulle aktief te laat deelneem as bedienaars byvoorbeeld in die musiekbediening.
"Die byeenkoms is ideaal vir enigiemand, jonk van gees, wat op 'n meer ekspressiewe manier aanbid," verduidelik Gerhard.
Ná die byeenkoms word daar, addisioneel tot die jeugbyeenkomstye op Vrydagaande, ruimte geskep waar jonges saam kan kuier. Vrydagaande tydens Ignite, vergader die jongklomp in kleingroepe rondom die Woord as deel van hulle geestelike reis saam.
Die tweede of 10:20-byeenkoms op Sondae is meer reflektief van aard.
Die atmosfeer van hierdie byeenkoms is gewyd, ook wat die musiekbediening betref vir diegene wat 'n meer diep-denkende benadering tot die Woord verkies.
By beide byeenkomste is daar 'n dinamiese kinderbediening, Vida Kids met 'n raakvatspan aan die stuur van sake.
"Ons leer kinders die Bybel as 'n groot narratief, met ander woorde as 'n geheel waarin ook hulle lewe en tuishoort." Marius en Mercia Vermaak neem leiding by die kinder-, tiener- en jongvolwassene bedieninge in die gemeente.
Vida Nova begin 3 Februarie 'n ses weke reeks, elke Sondag met 'n afsonderlike tema waartydens God se doel met mense en hoe hulle dit ten beste kan uitleef, ontdek word. "Skakel enige Sondag by ons in. Elke tema word as 'n eenheid hanteer," nooi Gerhard.
Kyk 'n video hieronder:
Vir meer inligting, besoek Vida Nova Mosselbaai se facebookblad of Instagram. Stuur gerus 'n WhatsApp na 072 775 2677.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'