Advertorial Sponsored Content
BESIGHEIDSNUUS - Groot opgewondenheid het onlangs by Pick n Pay in die Hartenbos Seefront-sentrum geheers nadat die winkeleienaars weer eens 'n opwindende kompetisie gehou het waartydens 'n splinternuwe motor aan 'n gelukkige kliënt oorhandig is.
Enige kliënt wat R250 of meer by dié winkel aangekoop het, kon vir die gewilde kompetisie inskryf wat al so eie aan die PnP in Hartenbos Seefront is.
Aan die stuur van die gewilde onderneming is Gert, Mariaan en Heinrich Kruger wat voltyds by die winkel betrokke is, hulle streef om elke kliënt se inkopie-ervaring so gemaklik moontlik te maak met hul vriendelike en behulpsame personeel.
Eienaars, Gert en Mariaan Kruger woon al vir jare op Hartenbos en het 'n passie vir mense en die kleinhandel, hulle ken hulle kliënte en probeer 'n onvergeetlike ervaring skep vir elke kliënt wat die winkel besoek.
Vanjaar was die vierde jaar wat die winkel 'n motor-kompetisie aangebied het, naas die gewilde kompetisie het die Krugers gereeld innoverende konsepte om in die gemeenskap terug te ploeg.
Dinsdae word daar 'n 5% afslag aan pensioenarisse gebied. Hulle het ook onder meer 'n gemeenskapsprojek waar die kliënte hul strokies in gemerkte houers voor in die winkel gooi en dan word 1% van die waarde van aankope aan die betrokke instansies terug gegee.
Die Hartenbos-winkel is in die Seefront-sentrum geleë waar volop veilige parkering, naby aan die winkel beskikbaar is. Die Pick n Pay is 'n silwerskoon en netjiese winkel waar vars gebak, heerlike vars voorbereide voedsel asook vleis by die winkel se slaghuis aangekoop kan word, hulle streef ook om so ver moontlik genoeg voorraad op die rakke beskikbaar te hê.
Gert en Mariaan het ook intussen hul horisonne verbreed deur 'n Pick n Pay Clothing op die aangrensende perseel net langs die PnP Drankwinkel te open.
Kompetisie
Die idee van 'n motor as weggeeprys was Gert se breinkind en is een van die gewildste kompetisies in Mosselbaai.
Die Mahindra # Dare wat gewen kon word, was op Saterdag, 15 Oktober 2022 vol inkopiestrokies van hoopvolle inkopiegangers.
PnP Hartenbos Seefront (hoofborg) asook Pioneer Foods en Rhodes wat die deelnemende borge was, gebruik die geleentheid om van hulle kant af terug te gee aan hul gereelde en getroue kliënte.
'n Vereiste van die gewilde kompetisie is dat voornemende wenners op die betrokke dag by die trekking teenwoordig moet wees.
Die groot getal inkopiegangers wat hoopvol op die groot prys gewag het te midde van die ongure weer, was 'n toonbeeld van hoe gewild die kompetisie al geword het. André Kleynhans van André Kleynhans Ingelyf het die trekking behartig.
Die gelukkige wenner, Shaun Somers was oorstelp van vreugde. Die ander 9 finaliste wie se name ook getrek is, het elk 'n koopbewys van R1 000 elk ontvang wat hulle in die winkel kan spandeer.
Die Krugers bedank alle kliënte vir hulle lojale ondersteuning en hoop om nog vir baie jare die inwoners van Hartenbos en Mosselbaai van diens te wees.
Die Krugers, Zancha, Mariaan, Heinrich en Gert Kruger.
Heinrich Kruger, André Kleynhans (ouditeur), Mariaan Kruger, Shaun Somers (wenner), Gert Kruger en Denise Lloyd (Hartenbos Seefront-bestuurder en seremoniemeester vir die dag).
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'